WAT IS DIE NASIONALE AFRIKAANSE GESKIEDENISOLIMPIADE
Die FAK se Nasionale Afrikaanse Geskiedenisolimpiade is ’n aanlyn toets vir leerders van graad 8 tot 12. Die klem val op Suid-Afrikaanse geskiedenis met drie hoofafdelings, nl. Afrikaanse taalgeskiedenis, Afrikanergeskiedenis en Westerse geskiedenis.
WIE KAN DEELNEEM
Alle graad 8- tot 12-leerders wat geskiedenis as skoolvak neem of belangstel in Suid-Afrikaanse geskiedenis.
HOE NEEM EK DEEL
Alle inskrywings geskied aanlyn by olimpiade.fak.org.za
SPERDATUM
Alle inskrywings sluit 31 Julie 2020, waarna die amptelike toets in Augustus sal plaasvind.